0
Your cart

Your cart is empty

Browse All Departments
  • All Departments
Price
  • R50 - R100 (8)
  • R100 - R250 (13)
  • R250 - R500 (10)
  • -
Status
Brand

Showing 1 - 25 of 31 matches in All Departments

Kersfeeswonderwerk (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Kersfeeswonderwerk (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Jess Faber is groot vriende met haar vriendin Sabella se swaer, die bekende sjef Erasmus Steyn. Sy is nie onbewus van hoe aantreklik hy is nie, maar sy is nie van plan om ooit te trou nie. Om vriende te wees is net baie minder gekompliseerd. Maar toe kry sy nie die bevordering waarop sy gehoop het nie en besluit om al haar lysies en boksies weg te gooi.

Sy oorweeg selfs 'n one-night stand met 'n vreemdeling. Toe Erasmus ewe hulpvaardig aanbied om haar one-night stand te wees, verander hulle vriendskap binne minute in iets heeltemal anders. Jess is huiwerig om haar hart oop te maak vir liefde en bly skuil agter haar ongelukkige kinderjare. Kan 'n kersfeeswonderwerk twee harte een maak?

Hierdie verhaal bevat al die kenmerke van Elsa se boeke: humor, tydigheid en passie. Dit ondersoek die idee van toeval, maar ook tweede kanse, in moderne verhoudings.

Vrydagaand (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vrydagaand (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R310 Discovery Miles 3 100 Ships in 4 - 8 working days

Liefdeskortverhale deur 27 bekende Afrikaanse skrywers om jou naweek op ’n romantiese noot mee te begin.

Laat die week en sy gewoel agter met dié stories uit die pen van Juanita Aggenbach, Bernette Bergenthuin, Henk Breytenbach, Malene Breytenbach, Alma Carstens, Alta Cloete, Leona Conradie, Trisa Hugo, Madelie Human, Jaco Jacobs, Anzil Kulsen, Kristel Loots, Cliffordene Norton, Susan Olivier, Didi Potgieter, Gerrit Rautenbach, Felicia Snyman, Cecilia Steyn, Dibi Symington, Louise van der Merwer, Santie van der Merwe, Nanette van Rooyen, Frenette van Wyk, Antoinette Venter, Louise Viljoen, Magdaleen Walters en Elsa Winckler.

Sutherlandbroers 1: Alan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Sutherlandbroers 1: Alan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Toe Alan Sutherland en sy broers by haar blommewinkel inbars, vervies Corinne Hansen haar dadelik vir die Skot. Hy mag dalk dodelik aantreklik wees, maar hoe durf hy vir haar sê sy is nie sy tipe nie? Sy sal hom eenvoudig ’n les moet leer...

As mede-eienaar van ’n groot maatskappy, is Alan nie net op soek na ’n trouvrou nie, maar ook ’n sakevennoot: Iemand wat stemmig is, gedienstig is, die pad vir hom gelyk kan maak. Met haar vreemde klere, ritse armbande en vurigheid is Corinne allesbehalwe stemmig.

Sal Alan sy kop volg en aanhou soek na die vrou wat netjies by sy planne inpas of sal hy swig voor dít wat sy hart wil hê?

Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Engele In Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R290 R209 Discovery Miles 2 090 Save R81 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Dis twee jaar ná ’n oudkollega Julia en haar seun Rudi se lewe hel gemaak het. Maar die inwoners van Kosmoslaan het herstel en aanbeweeg. Dit blyk op die oppervlak asof dinge weer vreedsaam is in Kosmoslaan.

’n Knorrige man met ’n fyn meisiekind en ’n hartseer verlede trek in Ida se huis in. Vanaf die eerste oomblik wat hy trompop in haar vasloop, ontwrig hy Julia se lewe. Watse verspottigheid laat haar nou skielik op twee-en-veertig in vervoering raak oor ’n befoeterde man? En wie saboteur haar en Rudi se eiendom skielik?

Ida voel en lyk soos ’n ou en halwe vrou na ’n ontdekking. En Alma se Jurie is deesdae so omgekrap dat niemand met hom kan huishou nie. Ellie en Justin smag steeds na ’n baba van hul eie na haar vorige miskraam, terwyl hul grootste wens soos ’n ryp perske in Hugo en Claire se skoot val. Ellie smee egter ’n onverwagse band met ’n kinderhuismeisie wat gereeld by Marella se teruggetrokke seun, Bouwer, kuier. En Bouwer is nie Marella en Lourens se enigste bekommernis nie. Marella voel deesdae nie haarself nie ... Boonop kom Klein-Lourens met groot nuus wat sy en Sabina se lewens kan verander.

Daar is dinge wat broei in Kosmoslaan en die vriende en families tot hulle uiterstes toets. Gelukkig is daar ook engele in Kosmoslaan.

Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Jy's My Kersgeskenk (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) In Stock

Nicola moet fokus op haar nuwe werwingsagentskap, en nie dagdroom oor Etienne Fouché, een van die direkteure van DFHM Capital nie. Sy wil in elk gev al nooit trou nie, want sy kom uit 'n huis vol konflik en drama. Dit is beslis iets wat sy nooit weer in haar lewe wil hê nie.

Maar toe daag Etienne by haar werkplek op. Hy't nie geweet sy is die Nic Ackerman met wie hy 'n afspraak het nie, en al die gevoelens wat sy - én hy - die afgelope ses maande probeer onderdruk, borrel na die oppervlak. Hy soen haar, maar is baie gou om vir haar te sê sy voldoen nie aan die vereistes wat hy stel vir sy toekomstige vrou nie. Anders as sy twee vriende saam met wie hy in die kinderhuis was, wil Etienne wel eendag trou.

Nicola voldoen net glad nie aan een van sy vereistes nie. Maar hoekom is sy die enigste vrou by wie hy wil wees? Die lug vol Kersmusiek kan 'n man dalk net van plan verander...

'n Hart Wat Pas (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Hart Wat Pas (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die liefde en warmte van die Steyn-gesin waarvan Sabella deel geword het toe haar broer met hulle dogter getroud is, is nie iets wat sy ken nie. Sy het hoë mure om haar hart en baie slotte aan haar voordeur om seker te maak sy is veilig en kry nie weer seer nie.

Alles verloop seepglad totdat Hardus Steyn, ’n hartebreker en wingerdboer, haar soen. Hardus is ’n man wat dinge wil doen, probleme oplos en sy geliefdes beskerm en help. Trou en kinders kry was egter nog nooit deel van sy toekomsplanne nie. Totdat hy vir Sabella Morkel soen.

Skielik het hy ’n hart gekry wat by syne pas, maar is hy bereid om al sy planne te verander ter wille van liefde?

By Jou Is Dit Anders (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler By Jou Is Dit Anders (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Trou en kinders kry is nie deel van prokureur Lelanie Walter se toekomsplanne nie, maak nie saak hoe lam Werner Steyn, Steynslanden se wynmaker, haar knieë met sy soene maak nie. Werner stel nie belang in enige ander vrou nie, maar hy weet ook dat Lelanie nie wil trou of kinders hê nie. Sy begin boonop mettertyd al minder op die plaas kuier.

Maar die lewe het ’n manier om alle planne vinnig te plooi soos hy dit wil hê. Dít leer Lelanie toe sy ná haar kollega en vriendin se dood hoor sy is as voog benoem vir haar drie maande oue baba, Emma.

Werner se ma vang hom onkant toe sy hom vra om Lelanie op die lughawe te gaan haal. Maar niks kon hom voorberei op die prentjie wat hom inwag nie: Lelanie mét ’n baba.

Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Husse Met Lang Ore (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler; Illustrated by Alida Bothma
bundle available
R167 Discovery Miles 1 670 Ships in 4 - 8 working days

Tiaan het so baie vrae, maar sy mamma is heeltyd besig met die baba en al wat sy sê is: “Husse met lang ore”. Sy pappa praat van gaan “vakansie” hou, maar Tiaan weet nie wat dit is nie, en dit klink nie lekker nie – hy mag nie eens sy trokke saamneem om te speel nie!

Husse met lang ore is vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover): Elsa Winckler Wanneer is eendag? (Afrikaans, Hardcover)
Elsa Winckler; Illustrated by Marleen Visser
R153 Discovery Miles 1 530 Ships in 4 - 8 working days

Abella is ‘n klein feetjie en haar hare is rooi en deurmekaar. Haar klere bly vuil, want sy speel so lekker saam met haar maatjies tussen die fynbos. Sy wil baie graag so mooi soos die ouer feetjies lyk en ook soos hulle teen die maan se strale afgly, maar hoe lank moet ’n feetjie wag voor dit kan gebeur?. Wanneer is eendag? is ‘n feetjieboek vir voorlees of vir kinders wat pas begin lees het.

In Die Skadu Van Paarlberg - (Omnibus) (Paperback): Elsa Winckler In Die Skadu Van Paarlberg - (Omnibus) (Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R282 Discovery Miles 2 820 Ships in 4 - 8 working days

Om Amelie se tafel
Amelie doen nie groepwerk nie. Sy doen nie motorbestuur nie, en sy doen ook nie mans wat vir haar lelies of juweliersware aandra nie. Ja, sy't 'n bietjie bagasie - en wie het nogal nie? Maar wanneer spanbou-spesialis en bedryfsielkundige Chris op die prentjie verskyn, en boonop veroorsaak dat Amelie 'n ver ent pad moet ry om sowaar in simpel groepies te gaan rondfoeter, word haar wêreld omgekeer. Die man sukkel met haar en weet nét watter knoppies om te druk. Wanneer sy Chris leer ken en besef hy't 'n groot, luide familie - presies die soort wat sy so graag om 'n gesellige etenstafel in haar eie tuin sou wil sien, die soort waaroor sy droom sedert haar ouers se ontydige dood - is haar kop aan die draai. Dit verg allerlei ompaaie, en harde werk van Chris se kant, om deur Amelie se bagasieknope te sny. Sal sy haar dinge kan laat staan en die familie wen waarna sy so smag? En dít voor Chris besluit sy's net té veel moeite?

Liefde in laslap
Natalie Olivier het geen familie van haar eie nie, maar by haar vriendin Amelie se mense voel sy tuis. Totdat Amelie se swaer van Italië terugkeer. Neethling Meyer se sjokoladebruin oë onthuts Natalie heeltemal. En toe hy haar boonop soen, wil haar hart net nie meer normaal klop nie. Maar Neethling is 'n beroemde skrywer van rillerromans wat duidelik sy lewe as vrygesel geniet. Natalie weet mos hy is nie die tipe wat langtermynverhoudings aanknoop nie. Wat ook al tussen hulle is, sal nie hou nie. Jare ná haar kinderdae in die weeshuis vind Natalie uiteindelik meer oor haar verlore familie uit en begin sy om haar lewensverhaal in 'n laslapdeken uit te beeld. Maar Neethling se silhoeët duik telkens in haar uitbeeldings op. Is hul stories werklik bestem om te vervleg?

Liefde deur 'n lens
Wanneer Nicola Meyer agter haar kamera skuil, voel sy veilig en in beheer. Dit laat enige onstuimigheid in haar binneste bedaar. Selfs toe sy, in haar beroep as fotograaf, vlugtelinge oorsee afgeneem het, het sy al die hartseer in haar foto's gekanaliseer en dit só van haar afgeweer. Sy huil nooit nie. Maar toe sy na Suid-Afrika terugkeer, dreig haar onderdrukte emosies om uit te borrel - en dis alles Francois Olivier, haar skoonsus se baie aantreklike broer, se skuld. Hy soen haar onverwags, vat aan haar, en laat haar wêreld tol. Hy sien die hartseer raak wat sy diep wegsteek en daag haar uit om te erken hoe sy voel. Nicola probeer om met haar kamera afstand tussen hulle te skep. Maar as sy haar weer kom kry, fokus sy op sy sterk gelaatstrekke. En wat is die uitdrukking wat sy daar sien? Geen man het al ooit só na haar gekyk nie. Sal Nicola haar verskansing kan laat vaar?

Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler, Sonja Goldberg Leef Jou Nuwe Lied - 200 Dagstukkies (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler, Sonja Goldberg
bundle available
R270 R232 Discovery Miles 2 320 Save R38 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Die lewe laat jou dikwels uitgebrand en jou lewenslied se deuntjie afgewater en flou. Leef jou nuwe lied is 'n uitnodiging van bekende skrywer Elsa Winckler en haar sussie Elsa Goldberg om saam deur die jaar te stap met jou hand stewig in jou Vader s’n. Ontdek 'n nuwe
lied in jou hart deur hierdie 200 dagstukkies en weet wanneer jy afgemat raak, Hy daar sal wees vir jou en ’n nuwe lied sal gee wat jou in staat sal stel om vreesloos en in liefde te leef.

Vreugde Vir Larissa (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vreugde Vir Larissa (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
R250 R215 Discovery Miles 2 150 Save R35 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Larissa is die prokureur op die saak waarin Ricardo Jantjies onskuldig bevind word na hy 'n jong dogter aanrand en besteel het. Larissa vlug dan Nederland toe. Sy kom egter terug toe sy uitvind dat die jong dogter vermoor is. Larissa weet dit was Ricardo Jantjies. Terug in Suid-Afrika word sy gedurig met Gideon gekonfronteer wat 'n baie swaar verlede het wat hy moet verwerk. Larissa probeer geregtigheid vir die kind se dood te kry. En sal Gideon dit regkry om sy verlede te verwerk?

'n Brief vir Reina (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Brief vir Reina (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R235 R202 Discovery Miles 2 020 Save R33 (14%) Ships in 4 - 8 working days

Wanneer Reina Sauer se ouma sterf, hoor sy dat sy haar huis op McGregor erf. Maar ’n ontwikkelaar, die ontnugterde en siniese Derek Retief, wil graag die huis deel van ’n sekuriteitskompleks maak. Al wat Derek kort is Reina se handtekening. Maar dinge is nie heeltemal so eenvoudig nie. Wat op aarde maak Reina met haar ouma se vriende wat afhanklik was van haar ouma? En wanneer Reina die huis begin opruim, kom sy op ’n boks vol briewe in die solder af. Met verstomming lees sy hoe haar ouma dit reggekry het om ’n onmoontlike besluit te neem wat uiteindelik haar kleindogter se lewe moontlik gemaak het. Iewers langs die pad het sy wat Reina is ophou bid, ophou glo, maar terwyl sy deur haar ouma se lewe blaai, ontdek sy weer haar behoefte aan die Here.

'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler 'n Liedjie Vir Anine (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Hoe dans jy as die lied in jou hart stil geraak het?

Bekende musiekster, Zander Breedt, se muses het hom verlaat. Die helder ligte van die verhoog het hul glans verloor, en dit klink asof die suiwer melodieë in sy kop vervang is met ’n droewige klaaglied.

Boonop is daar sy nuwe skoonsus, Anine Vos, ’n joernalis, ’n spesie waarvoor hy nie baie ooghare het nie. Hy moet haar gedoog, al maak sy dit duidelik dat sy nie tyd het vir ’n popster soos hy nie. Tog, om een of ander rede begin die note weer helder deur Zander se
gedagtes klink wanneer sy naby is.

Anine kan nie verstaan hoekom juis sý die opdrag moes kry om ’n in diepte-artikel oor Zander te skryf nie. Sy het mos niks verloor by hierdie mislike musikant nie. Om deur sy lewe te krap is die laaste ding wat sy wil doen terwyl haar eie hart nog gebreek is.

Sien Jou In My Drome (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Sien Jou In My Drome (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R95 Discovery Miles 950 Save R15 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Biokinetikus Mina Strydom weet sy's anders. Soos haar Ierse Ouma Wilhelmina, voel sy ook mense vir wie sy lief is, se pyn aan. Haar bekommernis oor haar ma, twee sussies en drie vriendinne is erg genoeg, sy wil haar nie oor nóg mense bekommer nie. Dis hoekom trou en kinders kry nooit deel van haar toekoms kan wees nie.

Maar toe beland sy in Louw de Ridder se arms en dit raak al hoe moeiliker om by haar voorneme te hou. Louw de Ridder en sy drie vriende het hulle kinderhuislewe lankal agter hulle gelaat en besit vandag 'n florerende maatskappy. Hy is nie van plan om ooit te trou nie, iets wat 'n probleem blyk te wees vir 'n potensiële kliënt. Sy vriende stel voor dat hy die mooi brunet wat in sy arms geval het saamnooi na die kliënt se verjaardagpartytjie.

'n Kammaafspraak met geen bybedoelings vang Louw en Mina onkant toe hulle mekaar ewe skielik in hul drome begin ontmoet.

Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Vereistes vir 'n Trouman (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R110 R79 Discovery Miles 790 Save R31 (28%) Ships in 7 - 11 working days

Vandat Emily kan onthou, droom sy oor haar troudag: die ring, die rok, die onthaal, die blomme. Sy het ook ’n lysie met die presiese vereistes vir haar trouman gemaak. En Ryno Henning, hoe knieëknakkend sexy hy ook al mag wees, voldoen nie aan ’n enkele een van hierdie vereistes nie. Die stomende drome wat sy snags oor hom droom, sal dus net by drome bly.

Ryno het ’n oog vir ’n mooi vrou en Emily is een van die mooistes wat hy nog gesien het, maar hy weet hy kan nie vir haar gee wat sy wil hê nie. Trou en kinders kry is nie deel van sy toekomsplanne nie.

Dan, op ’n dag, hou Emily in die gietende reën stil om ’n hond te red en kry nie haar motor weer aan die gang nie. Dis Ryno wat tot haar redding kom. Sal haar troumanlysie en sy planne in hul pad bly staan of sal die vonk tussen hulle die oorhand kry?

Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Arendsvlerke Vir Siebert (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R290 R249 Discovery Miles 2 490 Save R41 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Liewe Here, ek verstaan nie. Help my.

Terwyl Katinka probeer om die dood van haar man te verwerk, dring haar seun se veranderde gedrag uiteindelik tot haar deur. Sy is verslae en geskok deur die besef dat hy vasgevang is in omstandighede wat ook sy lewe kan beëindig. Wanneer vrees die oorhand kry, wend sy haar tot die Here. Here, U sê vir ons in Jesaja, die wat op U vertrou, kry nuwe krag, hulle vlieg met arendsvlerke. En Here, nou het ons sulke vlerke nodig.

Arendsvlerke vir Siebert is 'n eerlike maar deernisvolle verhaal van liefde en oorwinning uit die pen van ATKV Woordveertjiewenner, Elsa Winckler.

Hierdie boek is die eerste fiksie boek vir volwassenes uit LAPA Uitgewers se nuwe druknaam, LUCA, wat fokus op geestelike fiksie en niefiksie. Arendsvlerke vir Siebert fokus op die impak van die verlies van dood en ook hoe dwelmmisbruik 'n gesin beïnvloed.

Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Die Vroue Van Kosmoslaan (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R300 R258 Discovery Miles 2 580 Save R42 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Die Vroue Van Kosmoslaan vertel die stories van vyf uiteenlopende vroue.

Ellie skryf kinderboeke en wens sy kan swanger raak en haar stories vir haar eie kind vertel. Ida Scholtz se man en seun is saam in ’n motorongeluk dood en nou bly Claire, haar skoondogter by haar. Marella is ’n prokureur en lewe streng volgens voorafuitgewerkte lysies. Julia en haar seun, Rudi, bly ook in die laan en Julia is bly dat sy destyds die huis in haar naam gesit het want haar man het saam met sy sekretaresse weggeloop en nou het sy en Rudi darem ’n dak oor hul koppe. Alma en Jurie bly langs Ellie en wanneer Alma se dogter verdwyn begin almal in die laan na haar soek.

Die vroue deel hul pyn en vreugde met mekaar wanneer hulle eenkeer ’n maand bymekaar kom om te brei. Dit was Marella se idee om die groep te begin al was dit nie die intensie om so gereeld bymekaar te kom nie. Die breigroep word die vroue se toevlug en die kosmosblom word ’n teken van tweede kanse, hoop, drome en geluk.

Die boeiende verhaal is elke vrou se verhaal. Die vroue van Kosmoslaan ervaar God se genade en sy belofte om te voorsien wanneer hulle dit die nodigste het.

The Whisperer (Paperback, Digital original): Elsa Winckler The Whisperer (Paperback, Digital original)
Elsa Winckler 1
R286 R215 Discovery Miles 2 150 Save R71 (25%) Ships in 12 - 17 working days

Loving him could destroy her... High school teacher Cilla Stevens has always been different, especially in how she connects with animals. When she calms a stray dog during an incident at school, she's asked to help a nearby farm with a difficult horse. Cameron Rahl has had a very different relationship with animals since his mother died in a horse riding accident. But now he's inherited his family's farm, he's determined to never let anyone affect him that way again. Until he meets Cilla. He tries to stay away from the gorgeous horse whisperer with the potential to tame him, but something keeps pulling him close. And as much as Cilla tells herself she can keep it casual, she knows they're too connected to be 'just a fling.' Will Cilla's heart win out? Or will it take history repeating itself for Cameron to realise just how much he needs her?

Ware Noord (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Ware Noord (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Evan Vos is jonk, speel rugby vir die universiteit se eerstespan en het altyd ’n meisie aan die arm. Die lewe is ’n lied. Tot daardie dag toe sy hart uit sy binneste geruk word. Al wat oorbly, is ’n intense skuldgevoel en woede.

Vir Evan word die oorblyfsels van die ineengetuimelde Metodiste-kerk in Somerset-Wes tekenend van sy eie omstandighede.

Tog: Drie jaar later speel hy vir die Springbokke.

Wanneer hy op die krukkelys beland weens ’n besering, vra sy pa hom om by sy konstruksiefirma as projekleier op te tree vir die herstel van ’n kerk. Op die perseel van die ou Metodiste-kerkie ontmoet hy vir Anya Breedt, die argitek met die hemelhoë hakke. Hulle is dadelik aangetrokke tot mekaar, maar Anya is ná haar mislukte verhouding versigtig vir verhoudings. Evan weet ook: Met sy bagasie kan hy niemand naby hom toelaat nie, nie voordat hy leer vergewe nie.

Die ware gebeure rakende die ineenstorting van die Metodistekerk in Somerset-Wes het die skrywer geïnspireer om hierdie verhaal te skryf, die boek ondersoek Christenskap en liefde tussen jong mense.

Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Om Weer Te Droom (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R190 R164 Discovery Miles 1 640 Save R26 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Lizet Vos ontdek tydens die opruim van haar vermoorde suster se woonstel Marina se kluitklaplys. Hierna probeer sy om alles op dié lysie te doen - al is al die gewaagde, gevaarlike dinge eintlik heel teen haar aard. Haar eie drome skuif sy ver agtertoe. Totdat haar broer Evan se lewe met dié van Anya Breedt verstrengel raak. Nou vorm Stephen en sy dogtertjie Soekie deel van familiekuiers. Stephen spartel om na sy vrou se dood die balle in die lug te hou; hy het geen tyd vir ʼn donkerkop met blou oë wat hom hinder nie. Soekie mag dalk in Lizet se klas wees, maar hy is vasbeslote om juffrou Vos te vermy. Na ses maande kan hy egter die uitnodiging om klasbesoek te doen nie verder ignoreer nie. Vir die lewe om sin te maak, moet Stephen en Lizet beide opnuut hulle eie drome ontdek.

Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback): Elsa Winckler Romanza Nostalgie: Elsa Winckler (Afrikaans, Paperback)
Elsa Winckler
bundle available
R140 R121 Discovery Miles 1 210 Save R19 (14%) Ships in 7 - 11 working days

Tussen jazz en rock Hy laat haar sweet, swaar asemhaal. En dit oor sy kaal bolyf, sy blouselblou oë, sy bitter sexy boudjies ... Sanet is juis voos vir mans. Maar Jak de Beer maak haar mal. Sy ken haarself sowaar nie. Sonder bagasie Lisa ontmoet haar nuwe baas voor sy weet wie hy is. Tot haar skande! Maar wat van sy hond en sy deurmekaar huis? Sy te blou oë en gespierde lyf is egter 'n groter probleem ... Romanza Nostalgie is 'n terugblik na die eerste titels van ons die gewildste Romanza-skrywers - daardie romanses wat lesers besonder baie geniet het. Daar verskyn ses titels in die Romanza Nostalgie-reeks: Madelie Human, Dina Botha, Rosita Oberholser, Didi Potgieter, Elsa Winckler en Alma Carstens.

Tydlose Liefde (Paperback): Elsa Winckler Tydlose Liefde (Paperback)
Elsa Winckler
R203 Discovery Miles 2 030 Ships in 12 - 17 working days

Kalinda het uit Toronto gekom om navorsing te doen oor Kanadese soldate in die Anglo-Boereoorlog. Sy’s twee jaar terug van Neil geskei en het Suid-Afrika agtergelaat vir ’n nuwe lewe, maar noudat sy terug is in die land, onthou sy opnuut sy dreigende laaste woorde aan haar . . . Maar vir eers het sy ander probleme. Soos die spook, jou wrintiewaar ’n regte-egte spook, wat in haar kar geklim het op pad na Paardeberg - en haar kantsakdoekie op die sitplek agtergelaat het. En dan, op die plaas aangekom, het sy te kampe met die wildewragtag van ’n Zach, rekenaarspeletjie-ontwerper en opstandige asmalyer, met sy onversadigbare drang na werklik ekstreme sportsoorte - en die onverklaarbare drif wat dadelik tussen hulle posvat. Terwyl Kalinda die geskiedenis en haar spook se spore volg, kry sake tussen haar en Zach alte vinnig koers – maar sy hoor mos van sy arrogante drie-date-reel, en sy weet haar hart het dit allermins nodig. Boonop is Neil tog nie iets van die verlede nie . . .

Loving Brooke (Paperback): Elsa Winckler Loving Brooke (Paperback)
Elsa Winckler
R338 Discovery Miles 3 380 Ships in 10 - 15 working days
Adoring Stacey: Elsa Winckler Adoring Stacey
Elsa Winckler
R336 Discovery Miles 3 360 Ships in 10 - 15 working days
Free Delivery
Pinterest Twitter Facebook Google+
You may like...
Barbie
Margot Robbie, Ryan Gosling Blu-ray disc R266 Discovery Miles 2 660
Who Do We Become? - Step Boldly Into Our…
John Sanei Paperback R265 R212 Discovery Miles 2 120
Cable Guy Ikon "Light Up" Deadpool…
R543 Discovery Miles 5 430
Sony PlayStation 5 Pulse 3D Wireless…
R1,999 R1,899 Discovery Miles 18 990
Raz Tech Laptop Security Chain Cable…
R299 R169 Discovery Miles 1 690
Loot
Nadine Gordimer Paperback  (2)
R398 R330 Discovery Miles 3 300
Criticare Tweezers (Stainless Steel…
 (1)
R6 Discovery Miles 60
Baobab TosLink Fibre Optic Cable…
R249 R105 Discovery Miles 1 050
Too Beautiful To Break
Tessa Bailey Paperback R255 R197 Discovery Miles 1 970
Efekto 77300-P Nitrile Gloves (L)(Pink)
R63 Discovery Miles 630

 

Partners